|
My naam is Karina Jordaan Ek is 22 en woon in Pretoria. My Wens is om
eendag 'n Haarkapster te word. Van kleins af was ek mal daaroor om met
mense se hare te werk en my passie vir dit het nog nooit verander nie.
Ongelukkig is en was daar nog nooit vondse vir my om dit te kan gaan studeer
nie. Ek moes selfs na skool gaan werk het om my ma te help met my
skoolgeld. En ek het Matriek gemaak. As daar 'n engeltjie is wat
my kan hoor: Help my asb met 'n borg vir my sudies ek is bereid om hard te
werk. Liefde en groete karinahannes@gmail.com
072 532 7760

Melandie
wens: EK vra almal se
hulp asb
Ons is besig met 'n Projek genaamd Wollmer, dis 'n dorpie gelee in PTA Noord
Daar is omtrent so 900 mense 300 gesinne, waarvoor ons kos en klere elke 2de
week vat
wat ons by mense kry wat dit weg gee of gooi.
Ek wil weet as enige iemand ou klere skoene komberse ens het wat hulle nie
meer wil hê nie en ontslae wil raak daar van laat weet my, dan kom laai ek
dit op en vat die deur Wollmer toe waar die mense dit baie sal wardeer. Daar
is omtrent so +- 20 babatjies, ons is op soek na doeke bottels ens vir die
kleintjies
Of as jy van iemand weet wat ons kan help laat hulle my asb kontak.
Of as daar iemand is wat ons op hulle eie kan help sal dit waardeer word.
Vir navrae kontak myself
Baie dankie julle hulp word waardeer
Groete
Melandie
011 6516321
Epos: Yvonne.Horn@gauteng.gov.za

Tanja Human wens: HIERDIE IS
‘N WENS WAT ‘N PAAR VROUENS INSIT
ONS IS SO SES MA’S MET KINDERS WAT DIE VOORREG HET OM BY ‘N WONDERLIKE MENS
BEHUISING TE HUUR TEEN DIE LAAGSTE KOSTE MOONTLIK
(SY HELP MA’S WAT DEUR EGSKEIDINGS EN MOEILIKE TYE GAAN OM WEER OP HULLE
VOETE TE KOM) ONS HUUR SLUIT IN DIE VOLGENDE DIENSTE:
WATER EN LIGTE , TUINDIENSTE, WAS EN STRYK VAN WASGOED, AANDETE ELKE
AAND EN NOG BOONOP KOOP SY MAANDELIKS SEKERE KRUIDENIERSWARE SOOS MELK,
BROOD,PAP VIR DIE KINDERS ENS.DAN KAN DIE DAMES NOG EEN MAAL ‘N MAAND HULLE
HARE OOK GRATIS LAAT DOEN BY ‘N HAARKAPPER. (HAARKAPPER IS ‘N BORG) DIS IS ‘N
“NIE WINSGEWENDE ORGANISASIE” EN OP HIERDIE STADIUM WEET ONS DAT DIE
FINANSIEEL SWAAR GAAN. SY SUKKEL OM BORGE TE KRY OM DIE
LAS LIGTER TE MAAK. HIERDIE
VROU IS ‘N ENGEL WAT OOR ONS PAAIE GEKOM HET. AS DAAR IEMAND DAAR BUITE IS
WAT DALK KAN HELP GROOT ASSEBLIEF DIT SAL HAAR OOK INSTAAT STEL OM NOG MENSE
TE KAN HELP.
DIE ORGANISASIE SE NAAM IS SHABBAT EN ZANI IS DIE ENGEL . HAAR KONTAK NOMMER
IS 082 322 3295
(012)
567-3424 / (012) 567-0390
Adres:
Micra straat 275
Sinoville
0129
ONS SE BY VOORBAAT DANKIE TanyaH@lotterspine.com

Rina Verhoef wens: Ek wil ook graag nog 'n wens
uitspreek op Rina en Bob van den Berg van Mooinooi dat daar uit 'n bron, van waar
die Hemelse Vader van weet, aan hulle 'n dubbelbed gestuur sal word om op te
slaap, vir al die wonderlike dinge wat hulle aan hulle medemens doen. Hulle
het 'n versorgingsoord vir mense in nood. Mag die Here hulle seen, asook
elkeen wat hierdie wense lees.
rina@imccs.co.za

Rina Verhoef wens: Vanmore het ons die nuus ontvang
dat ons een vennoot in die besigheid gediagnoseer is met 'n gewas op sy
brein. Ek spreek die wens uit dat elkeen wat die boodskap lees 'n gebed sal
opstuur vir Manie.
rina@imccs.co.za

Rina Verhoef wens: Ek wens dat Jesus se seeninge
oorvloedig op almal sal kom, wat na die webwerf skryf, sodat al hulle
"ek wense" vervul sal word, soos Jesus dit aan hulle wil uitdeel.
Groete in Jesus liefde
rina@imccs.co.za

Muriel
wens:
My man is blind en het sy eie besigheid maar dit gaan moeilik omdat niemand
hom regtig 'n kans wil gee nie omdat hy blind is ek wens daar wil vir hom 'n
deur oop gaan, sodat hy nie meer nodig het om so te sukkel om sy gesin te
onderhou nie, Hy is nie meer jonk nie maar my wens is dat daar 'n
barmhartigesamaritaan iewers in ons ou land is wat hom kan help ek dink hy
verdien dit want hy werk regtig baie hard en jy sal hom nooit hoor kla nie.
Hy doen "Handy Man" en rekenaarwerk. Hy is goed met rekenaars,
veral om blindes op die rekenaar te leer, hy is ook baie goed met
musiek en veral om opnames te maak, hy het 'n wye talent en ek sal graag wil
hê hy moet dit rustiger vat, hy werk regtig baie hard, ek is siek
en kan nie op die staduim werk nie.
Hy is heeltemal blind kan net tussen dag en nag onder skei, hy het iemand wat
hom help met die staal werke en tuindienste maar hy kan die staalwerk self
doen met baie voel! glo my hy doen dit, die rekenaar het hy 'n spraak program
wat hom help maar daar waar hy nie self kan aangaan nie help die man hom ook,
anders doen hy alles self hy probeer om onafhanklik te wees van ander. Met 'n
rekenaar wat hy self reg maak voel hy en weet presies waar is wat en hoe lyk
wat, hy gebruik net iemand as dit regtig nodig is, ja ek weet dit klink
ongelooflik maar dis die waarheid maar sonder ons se Hemelse Vader sou hy dit
nie kon doen nie.
Kontak
Muriel by muriel@iburst.co.za

Redakteur,
Haleluja.co.za wens:
Ek deel graag met jou die volgende behoefte. Ons Kinderbediening groei
nou so vinnig by die Andeon versorgingsoord
dat ons 'n houthuisie van minstens 6X6 meter sal moet aanskaf om die
Kinderbediening in te huisves. As een van jou lesers gelei word om ons
hierin by te staan, sal ons dit baie
waardeer. Meer inligting oor die projek is oplyn beskikbaar by www.haleluja.co.za
Seënwense
Stof Redakteur, Haleluja.co.za
redakteur@haleluja.co.za
- www.haleluja.co.za

Thea van Niekerk
wens:
EK IS N ALLEEN
OUER EN MA VAN DRIE DOGTERS WAT EK ALLEEN GROOT GEMAAK HET MET MIN
INKOMSTE. EK WENS NET DAAR IS N UIT WEG EENDAG DAT EK BAIE GELD HET OM
HULLE TEVERGOED VIR AL DIE SWAAR KRY WAAR DEUR HULLE IS. NOU IS HULLE AL
GROOT EEN IS AL GETROUD MET N DOGTERJIE EN DIE ANDER EEN HET NIE N VASTE WERK
NIE EN DIE LAATLAM IS NOG OP HO”Erskool EN SUKKEL OM TE
LEER MAAR DIE INKOMSTE IS MIN SODAT EK HAAR KAN STUUR VIR EKSTRA KLASSE
OM TE PRESTEER. SO WENS ASB SAAM MET MY DAT EK EENDAG SAL RYK
WEES VOORDAT EK TOT RUSTE
KOM
THEA VAN NIEKERK Epos: tbotes@unitransmotors.co.za
|