Welkom by

Cotie se Alleenloper vriendekring

Inleiding

Hierdie diens word aangebied slegs vir enkellopendes, geskeides, weduwees en wewenaars wat belangstel om iemand van die teenoorgestelde geslag te ontmoet.

Hoe dit werk

Indien u belangstel om met enige van die gelyste persone kontak te maak, of om self gelys te word, stuur 'n epos aan Cotie.

Dames  -  Mans  -  Kom kuier saam...7 MEI....  -  Kontak Cotie  - BCnet tuisblad

 

Dames

561 MAGGIE: Ek is enkel ouer vir die laaste 11 jaar.  Twee dogters 25 en 13.  Ek is amper 48, blonde hare, nie oorgewig nie.  Almal se altyd ek is very well groomed, en ek is trots daarop.  Ek is  n baie netjiese mens en baie house proud.  Ek hou daarvan om huisie -  huisie te speel, tuinmaak is ook een van my kwaliteite.  Ek is nie n baie goeie kok nie, alhoewel ek dit tog doen.  Die koek bak en kinderpartjies uithang is gelukkig nou nie meer so nodig nie.  Maar het dit gedoen en geniet toe die kinders klein was.  Ek het n baie ongekompliseerde lewe, die komplikasies het gelukkig langal hulself uitgewerk.  (geen egskeiding is maklik nie).  Die oudste kind bly op haar eie, net ek en die jongste woon alleen.  Ons is n hegte ou gesinnetjie.  Ek het n wonderlike werk, kom en gaan soos ek wil.  Bietjie van my eie baas.
Ek lewe n georganiseerde lewe, sonder enige ongeruimpthede.  Kerk op Sondae, dit is wat my staande gehou het en die fondasie wat ek my kinders gegee het waarop hul hull ewe moet bou.
Maar dit het nou tyd geraak dat ek nie meer net op werk en kinders konsentreer nie.  Ek het n maat nodig.  Iemand met wie ek naweke kan deel.  Ek is baie alleen.  Ek wil uitgaan en die wereld gaan sien.  Ek wil baie graag vir my n Harley koop (n girly een) en naweke gaan rondry saam met iemand of rondry en plekke sien (sonder die Harley).  Die alleending werk nie meer vir my nie.  Ek is lief vir n goeie boek, rolprent (chick flicks) of n goeie drama, teatre (aangesien my dogter aktrise is).  Sommer net kuier by die huis.  Die kaggel het nou elke aand gebrand maar die winter is nou verby maar buite op die stoep met sonsondergang en n glas wyn is ook lekker.
Ek hou van dans, lief vir golf (lanklaas gespeel) maar dit is prioriteit nou.  Idiale vakansie, is rondreis van bo in Limpopo tot by die see.  Oorsee is n bonus
meetamatch@telkomsa.net

453: FIRE FLY van Pretoria: 27 jarige enkel blanke dame opsoek na vriende en vriendinne in die omgewing. Ek is 1.68m lank en weeg 58kg. Ek het blou o en lang donkerbruin hare. Ek is n saggeaarde en liefdevolle dame met n goeie humorsin. Is n brandweer vrou by beroep en werk tans as n senior brand offisier vir n risiko bestuur firma. Ek studeer ook deeltyds vir n nasionale diploma in veiligheids bestuur. Ek hou daarvan om te gaan fliek en om musiek te luister. Sal daarvan hou om eerlike, opregte enkel blanke mans te ontmoet tussen 28 33, wat n goeie humorsin het en wat min of meer dieselfde belangstellings het. Wil ook graag vriendinne vir geselskap in die Pretoria omgewing ontmoet. meetamatch@telkomsa.net

454:DENE: Vroee vyftigs, 1.62m in my skoene en van gemiddelde bou. Is baie jonk van gees. Ek is woonagtig in die Randvaal (Vaaldriehoek) omgewing.  Ek is opsoek na vriende en vriendinne van oraloor, veral die Randvaal, Vaaldriehoek en Alberton omgewing. Belangstelling; Blomme, die natuur, musiek, kuier om die braaivleisvuurtjie, sommer net gesellig tuis verkeer, lang wandelinge langs die see, plaaslewe, uitstappies, bak en brou. Aanvaar my soos ek is - soms 'Plain Jane' maar kan opdollie wanneer nodig.Wees bereid om my te aanvaar met my honde en katte. (Hul gee en aanvaar liefde en vertroeteling onvoorwaardelik) My kinders is reeds volwasse. My kleindogter nog in haar babaskoene.  Sy is ouma se hart se punt. Vriendskap en kameraadskap is vir my belangrik. Moenie dink ek is 'n ekstrovert nie, dit is ek gewis nie, maar ek is nie 'n alleen-mens nie.  Laat gerus van jou hoor, indien jy belangstel om kennis te maak. . meetamatch@telkomsa.net

455: OPEL CORSA:  54 jaar jonk, geskei,  1,69 lank en weeg 65.  Jare terug gematrikuleer in Silverton, werk as ontvangsdame en bly in Centurion.  Ek is nogal aktief, betreffende fietsry, padwedlope, hiking, en is mal mal mal vir dans.  Mens kan verseker net jou beste kwaliteite so promoveer,  en in die ander asem vra hoekom het my huwelik nie gewerk nie ! 

Ek is n kind van die Here, baie gemaklik met almal, en op die stadium is my 2 kleinkinders die lekkerste van my lewe.  Sulke onselfsugtige liefde.  Dis net gladnie lekker om alleen te wees nie, en op hierdie stadium wil ek graag mans persone ontmoet wat my lewe positief kan be-invloed.  Ek het baie om te gee,  het 2 kinders albei uit die huis, seun is getroud, vandaar my 2 juweeltjies, dogter in Potch nognie getroud nie.  Het my eie baie betroubare tjorrietjie en ek wil nie s ek is  independent nie,  maar kom en gaan soos ek wil. 

Sal graag manne wil ontmoet tussen 50 en 65, maar ek gaan myself een kompliment toevoeg.  Ek lyk gelukkig nie 54 nie, en tree definitief ook nie my ouderdom op nie.  Is nie verspot nie, maar rol maklik in die gras rond, gaan ry ver ente met die fiets,  (in n groep, dis te gevaarlik vrou alleen),  en geniet n fliek spontaan.  Baie belangrik, BLOU BUL ondersteuner en mis nie n wedstryd op Loftus nie.  Wie-ever saam gaan moet maar op sy/haar tande byt, want my mond is baie groot. . meetamatch@telkomsa.net

FireFly 453;  van Pretoria: 27 jarige enkel blanke dame opsoek na vriende en vriendinne in die omgewing. Ek is 1.68m lank en weeg 58kg. Ek het blou o en lang donkerbruin hare. Ek is n saggeaarde en liefdevolle dame met n goeie humorsin. Is n brandweer vrou by beroep en werk tans as n senior brand offisier vir n risiko bestuur firma. Ek studeer ook deeltyds vir n nasionale diploma in veiligheids bestuur. Ek hou daarvan om te gaan fliek en om musiek te luister. Sal daarvan hou om eerlike, opregte enkel blanke mans te ontmoet tussen 28 33, wat n goeie humorsin het en wat min of meer dieselfde belangstellings het. Wil ook graag vriendinne vir geselskap in die Pretoria omgewing ontmoet. meetamatch@telkomsa.net

452;VLOOIJA; Ek is 52,en sal graag wil gesels. Bly in die Wes-Kaap, het 4 onafhanklike kinders wat nie by my bly nie. Is nie regtig nou ingestel op langtermyn-verhoudings, troues ens. nie, maar sal daarvan hou met net te gesels en 'n skouer te he. meetamatch@telkomsa.net

451;LIEBE; 38 jarige weduwee.  Is 1.8m lank en weeg 70kg.  Het blonde hare en blou oe.  Ek het twee kinders, onderskeidelik 16 en 11 jaar oud.  Ek is 'n roker besig om daaraan te werk, drink n glasie wyn met geleenthede.  Baie christelik, saggeaard maar tog beginselvas  -  het n ongelooflike positiewe uitkyk op die lewe en baie jonk van gees.  Ek is n buitelewe mens en baie aktief.  Lief vir onthaal en kuier.  Glad nie n alleen-mens nie.Kerk vd Nasarener. Ek hou van opregte en eerlike mansvriende - net eers vriende. meetamatch@telkomsa.net

450;ONNIE; My naam is Breggie, ek is 43jaar oud, nog nooit getroud en in die onderwys. Blonde hare en blou o middelmatige lengte en glad nie oorgewig nie. Hou van dans, buitelewe, rook nie, sosiale drinker, handhaaf ho christelike waardes.Woonagtig in Bloemfontein. meetamatch@telkomsa.net

449;COOL OUMA;Ek is `n weduwee 65jr verlang goeie mans vriende met die oog op `n ont moeting,sal verdere besonderhede verskaf,as iemand belang stel.
Ek is redelik gesond en is onafhanklik,midelmatig nie mollig nie en het goeie sin vir humor. My klein kinders noem my hul cool ouma.
meetamatch@telkomsa.net

448: BUIGSAAM;Ek is 'n 51 jarige weduwee, kinders uit die huis met  2 pragtige kleinseuns op soek na 'n opregte realistiese man waarmee ek kan korrespondeer.
Ek het blou o, ligbruin hare en ag as die manne op hierdie ouderdom dink hulle gaan nog 'n geselsdame wat soos 'n filmster lyk lank slank blond en iemand wat nie ookal die natuur se vooruitgaan geraak is met plooitjies en dimpels nie kan hulle my kontak.
Ek is nog aktief in my werk maar nie so aktief soos 'n jonge dame nie daarom maak dit my uniek want ek is wat ek is opreg, eerlik, warm en 'n vriendelike mens wat ander mense respekteer vir wie of wat en hoe hulle ookal lyk. Ek het 'n wonderlike sin vir humor maar ken ook die ernstige sy van die lewe. Ek is aanpasbaar, buigsaam maar ook 'n vrou met vaste beginsels in die lewe. As daar iemand daarbuite is wat met my wil korrespondeer laat waai.
meetamatch@telkomsa.net

447;WEN; Ek sal graag my vriendekring wil uitbrei. Ek is n weduwee van 57 jaar. Dit is nou die eerste keer dat ek gereed voel om weer nuwe dinge aan te pak en nuwe vriende te ontmoet, na my man se dood. My moed het nog net altyd ontbreek om die stap te neem. Maar soos die tyd aangestap het, het ek besef ek sal graag nuwe vriende , met die regte waardes wil ontmoet. Dit is werk, huis toe en kerk toe.
Ek werk voltyds, ek is lief vir onthaal. Ek hou van bak en brou, en lief vir my tuin. Eintlik maar net n gewone vrou, met die liefdes van n gewone vrou, mooi aantrek, lekker ruik en wil alles om my mooi maak en n beter plek maak.
My kinders is almal al getroud en my vyf  kleinkinders is hulle Ouma se hart se punt.
My Christelike waardes is vir my belangrik en speel n groot rol in my lewe. Ek is betrokke by my kerk en bo alles lief vir die Here. So indien daar iemand is wat wil korrespondeer, sal dit lekker wees.
meetamatch@telkomsa.net

446 SUIKER SOET;  Ek is n enkel dame wat geskei is, ek is 38 jaar en 1.77 lank.  Ek het groen blou o, en n vrolike en liefdevolle persoonlikheid. Ek hou van kos maak, dans en kuier saam met vriende. Ek geniet dit om te gaan fliek, veral iets romanties, maar hou ook van n goeie aksie film.   Ek is n eerlike persoon, drink of rook nie.  Ek het twee kinders, n seun van 14 en n dogter van 11jaar.  

Ek is opsoek na n goeie eerlike man (ouerdom tussen 39 en 47 jaar)  met Christelike beginsels, wat nie rook of drink nie.  Hy moet netjies op hom self wees, hy moet n gentlemen wees, wat romanties is en ook liefde vol.  Hy moet finansieel onafhanklike wees.  Hy moet enkel wees.  (gee nie om of hy kinders het nie, maar moet nie getroud wees nie.)  Ek woon in Krugersdorp omgewing. Ek is op soek na n goeie vriend en wie weet vat die toekoms inhou. meetamatch@telkomsa.net

445 ASSEL: EK IS N DAME VAN 30 JAAR WAT GESKEI IS MET TWEE PRAGTIGE DOGTER, EK WOON IN DIE WESKUS ST.HELENA BAAI EK IS OP SOEK NA N MAN VAN TUSSEN 30 EN 40 JAAR OM VRIENSKAPLIK TE VERKEER. VERKIESLIK NIE ROOK NIE HY MAG DRINK MAAR MIN.GEEN ROOIKOPPE NIE. MOET AANTREKLIK WEES EN MOOI GEBOU EN BLOU OE.EK HET BLOU OE EN IS FYN GEBOU.. meetamatch@telkomsa.net

443; BFN; Hi ek is 35 jaar oud. Ek is 'n blanke ongetroude vrou en geen kinders .ek is 1,57 meter lank en 57 kg. ek het blou o en is blond!  Ek is 'n halfhorend gebore! Ek hou van buitenatuur, visvang ,boeklees,uiteet, dvd kyk, stap en braaivleis. Ek skilder in my vryetyd! Ek opsoek na opregte lewensmaat , moet ongetroud wees en geen kinders.Mans moet van 35 tot 45 jr. Geen drinkers en rokers! maar braaivleis of uiteet sal ek my drankie geniet! Gehoorstremde mans is welkom!  Net Christene blanke mans !Verkieslik naby gele dorpe om te kom kuier! . meetamatch@telkomsa.net

444;Kiepie;  ek is 48 selfonderhoudende dame wersaam in Jhb by Jhb varsity. Groen o bruinhare en vol energie om die natuur en buitelewe te geniet. Lees graag , kuns is n hobby, om my land plat te reis is een van my tydverdrywe.
Opsoek na n vriend waarmee ek lekker kan gesels en kuier. Woon tans op die platteland. Verhuis Desember na Johannesburg. 3kids waarvan 2 selfonderhoudend is en my jongste skryf tans matriek waarna hy in 2010 aan Tukkies gaan studeer. Ek geniet goeie intelegente geselskap en mans van 45 tot 55 ouderdomsgroep is welkom om my te kontak. . meetamatch@telkomsa.net

441 Susan; Ek is op soek na n mans vriend. Hy het nie nodig om vir my te sorg nie, dit doen ek self.
Hy moet n maat vir my wees, Kan dans, vir die Bulle skree en lief wees vir diere.
Ek hou van die Kaap en die oos Transvaal. Ek kook baie goed en hou daarvan om te onthaal,  ek is lief vir my vriende en familie
Ek hou van n goeie rolprent en live shows. Ek hou van lag en in die reen loop. En Motorfiets ry en het pas 60 jaar jonk geword.
Ek het ook my eie motor en bly plek
. . meetamatch@telkomsa.net

440 Landi, 60jr, geskei, 1,68m, 79kg, naskool- onderwys, afgetree, Randburg/Roodepoort, reis, teater,, fliek, sosiaal,, tuin, ekstrovert, goeie sin vir humor, onafhanklik, stap, natuur, see. meetamatch@telkomsa.net

434: GESTRANDE VLINDER: Red my asseblief, voor ek in 'n papie verander! Selfstandig, geskei, geen afhanklikes. Nie oorgewig, 5'4", 60plus jr. n/r, ligte wyntjie saam met braaivleis of uiteet. Bly in die mooie Jakarandastad.  Kyk min tv. baie op internet. Hou van reis, plaaslik en oorsee.  Lees graag, nuusblaaie, ens. Nie 'love-stories', dit wil ek liewers self beleef... Die res kan jy self uitvind. meetamatch@telkomsa.net

435: 68jr Wed 14jr selfonderhoudend, Methodiste kerk,tweetalig,n/r, geniet drankie per geleentheid,  geen afhanklikes, ligbruin hare, blou oe, 4vt11dm, 62kg. Het 3 getroude kinders en 7 kleinkinders. Is vrolik,opgeruimde mens,goeie sin vir humor Is baie eerlik en opreg, 'n mens-mens Baie skoon en netjies Doen baie liefdadigheidswerk vir weeskindertjies
Geniet buitelewe en natuur Lief vir koskook, brei,kyk sport en sepies Hou van uiteet, dans en om met mense te verkeer Was ruskamp-bestuurder egpaar in die Kruger Wildtuin 
My maat moet eerlik,opreg, skoon en netjies wees  Nie strawwe roker of drinker Lief wees vir die buitelewe Ek bly in Port Elizabeth meetamatch@telkomsa.net


436: 59j Gesk selfonderhoudend,bruin oe, rooi-bruin hare, NG kerk/Methodist,tweetalig, n/r, 3 katte, hond en Ringnek-papegaai,5'5" 86kg, 2 getroude kinders, Hou van mooi en goeie dinge in die lewe, soms dans, geniet buite-lewe, stap, Bloubul rugby, krieket, reis graag
Sal daarvan hou om blanke mans te ontmoet, met min of meer die selfde belangstellings, moet diere-liefhebbers wees, afkeur in strawwe rokers, mans wat te kort is. Ek woon in Port Elizabeth gaan dikwels Pretoria toe, my dogter bly daar. meetamatch@telkomsa.net


437: Ek is 62jr jonk en 'n blanke dame wat graag blanke mans wil ontmoet. Trek redelik modern aan en my hare is ook in 'n moderne haarstyl en soos die Engelsman sal se; "Well groomed en 'n go-getter" en weeg 55kg en is 1,5m. Ek gooi my gewig in waar nodig. Werk nog voltyds as persoonlike sekretaresse en reel al ons maatskappy se konferensies, vergaderings en werkswinkels.  Ek woon 1x pj ons jaarlikse konferensie vir 3 dae by en sal dit waardeer as my metgesel my vergesel en my ondersteun na sosiale funksies en aktiwiteite, so ook ek vir hom.  Ek is baie lief vir diere, enige diere, vernaam katte en besit ook 1 kat. Ek is 'n weduwee vir 10jr lank. Tans lid van 'n NG kerk, maar gee gladnie om dat 'n persoon die sg. 'charismatiese'kerke bywoon nie, net solank die persoon christelike norme het. Die persoon moet eerllik, opreg en 'n goeie humorsin en morele waardes he en ook aktief betrokke wees met mense rondom hom.  Geen rokers, maar sosiale drinker is aanvaarbaar. Ek is ook lid van selgroep eenkeer per week. Ek is woonagtig in Johannesburg.  Ek geniet klassieke musiek, ondersteun ons Afrikaanse sangers, gospel musiek, goeie Tv programme, lees opbouende leesstof en sal met my maat sport kyk.  Ek is 'n vroee slaper. Ek hou van lekker saamkuier op verjaarsdae, braai en kuier met vriende, Sondagmiddagtee ens.  Plekke te besoek en oornag in hotelle of gastehuise en neem deel aan gemeenskaps- en kerklike aktiwiteite en kursusse.  Sal verkies die persoon moet finansieel stabile wees maar hoef nie 'ryk' te wees nie en sy eie eiendom besit en trots wees op die voertuig wat hy besit. Ek sal my gewig ingooi saam met hom by sy aktiwiteite en sy loopbaan. My 2 dogters 35 & 37jr is onafhanklik en ek woon op my eie en besit my eie eiendom met 'n netjiese tuin. Daar is net 1 kleinseun van 13jr.  Belangstellendes is welkom om kontak te maak. meetamatch@telkomsa.net

438:POENA ll: Weduwee,Gauteng, vaste betrekking, 1.75m, 65kg. Hou van fliek, teater, stap en lekker saam kuier.  Soek mans-geselskap 55-65jr. meetamatch@telkomsa.net

439: POPPIE 59jr,5vt 6,77kg,rooibruin hare,bruin oe. Soek mans en dames ommee kontak te maak in en om Pretoria. Mans mag drankie neem maar nie baie drink nie en verkieslik nie rook nie.  Hy moet 'n vrou nog kan waardeer en liefhe. Ook moet hy saam met my kerk toe gaan.  Ek kan baie liefde gee maar verwag ook baie. Ek rook gladnie maar geniet 'n drankie. meetamatch@telkomsa.net
 

433 S.F.  Ek is 61jr jonk. Sorg vir myself. Is baie jonk van gees. Hou van dans, fliek, goeie musiek. Diere, Oos Tvl. Onthaal. Stap in die ren en lees. Ek werk vol dag en sorg vir myself. Ek bly in Alberton meetamatch@telkomsa.net

333:SMEULEND: Dame wat nie aandring op moet so of sus nie. Die susse wat baie 'moets' vir die manne het, hulle is natuurlik volmaakte vrouens - ek nie.
Lengte 1.60m Gewig 60kg.
Goedversorgd maar nie (meer) opgesmuk nie. Sal my tooi na die smaak vd man in my lewe - wanneer hy opdaag...Het wolfsfluite gekry toe ek jonger was, soms, nou nog 'n vonkel in 'n gryskop se oog, as hy vir my loer.
'Beauty is in the eye of the beholder.'
Tog is ek ook bewus van my tekortkomeninge. Sommige probeer ek  regskaaf, ander het ek mee vrede gemaak. Daar is soveel ander interessanter dinge om te doen. Soos om tyd saam met 'n sielsgenoot deur te bring. Hou van intellektuele geselskap. Wil graag reis, plaaslik en oorsee. Lees baie, nie 'Love-stories' dit kan ek self uitdink, kyk min tv. Die res moet jy maar uitvind.
Ek glo in 'n Opperwese maar is nie 'n kerkganger nie. Rook nie, hou van 'n ligte drankie, op sy tyd.  Is nie spandabel nie. Uiteenlopende belangstellings. Maklik aanpasbaar. Selfstandig, maar sal darem 'n man se hand waardeer wat kan regvat, Bly op my eie, in Centurion. Stel nie belang in huweliksklokke of saambly nie.   Manne 65jr plus (geen getroudes of graswewenaars!)
Wag in spanning om van jou te hoor. meetamatch@telkomsa.net


432 MINERWA: Krugersdorp is 60jr 'jonk', 1.62m lank met rooibruin hare en bruin oe.  Is netjies, goed versorg en wel opgevoed.  Het 'n goeie humorsin, is vriendelik, oop, opreg en eerlik. Het geen afhanklikes.  Is akademies ingestel.  Stel belang in Filosofie, Sielkunde, Bybelkunde, ens. Lees baie! Is lid v.d.NG-kerk (voorheen Gereformeerd) Rook nie. Drink soms by 'n ete 'n glasie wyn. Hou nie van kampeer nie.  Ook nie van opperste Rassiste of enige vorm van geweld of hoogmoed nie.  Het 'n wye musieksmaak.  Stap graag, waardeer kuns en die natuur.  Geniet 'n goeie fliek en teater.  Soek  man 58-65jr (geen getroudes) met 'n gesonde humorsin wat finansieel onafhanklik is asook netjies,hoflik, opreg en eerlik.  Verkieslik 'n nie-roker wat baie selde iets drink. meetamatch@telkomsa.net

429: STEENBOKKIE  Ek is 47jaar en weeg 72kg lente 1.64 het 2 kinders seun 23jaar en my dogter 17jaar altwee bly nog by my in die huis altwee is tans werksaam.
Ek is n baie saggeaarde vrou en liefdevolle persoonlikheid en hou baie van kinders en diere. Ek hou daarvan om saam met familie en vriende tekuier, geniet dit om telag en gesels. Ek hou van die natuur,buitelewe,tuinmaak,braai, en geniet langarm dans,fliek, romantiese kersligetes,uistappies,vlooimark,rondry plekke besigtig,,vinnige karre wedrenne hotrods,puzzles bou,naald en handwerk.
Opsoek na my lewens maat. Ek hou van mans wat netjies op hulleself is en gentlemen, romanties en liefdevol. Ek hou van eerlike en opregte mans. Moet my en kinders aanvaar en kan lief he, en lewe saam ons kan deel. Ek hou van lang mans, maak nie saak watter kleur hare dit is nie en hou van blou oe maar is nie vereiste nie.Hy moet net nie jonger wees as 35 jaar nie oud nie. Ek soek nie iemand wat probleem het met drank nie en verkies iemand wat nie graag rook of drink nie.Hy moet christelike beginsels he en saam met my wil kerk toe gaan. meetamatch@telkomsa.net


393 WEER EKKE 53jr, geskei,n/r. Geen afhanklikes, baie netjies. Bly in Pretoria. Reis graag. Kort bruin hare. Stil en rustig. Soek vrienskap. meetamatch@telkomsa.net

414 POENA weduwee,50plus. Hou van fliek, teater en vakansie-hou. Bly in Kemptonpark. meetamatch@telkomsa.net

363 JAPONICA is skraal, 60jr, lief vir lees, rugby(!), buiteluglewe. meetamatch@telkomsa.net

353 NICOLINE: 38jr, 52kg en kort.  Ligte bruin hare in 'n bob styl met bruin oe.  Geskei en het  1 dogter (15jr). Ek is 'n baie netjiese vrou op myself en by die huis. Bly in Pretoria en werk in Centurion.  Oorspronklik van Zimbabwe maar is 'n Suid Afrikaanse burger. Ek is gedoop met die Heilige Gees en loop 'n ernstige pad met die Here. meetamatch@telkomsa.net

343;Marie 67 jaar oud is onafhanklik geniet die lewe maar is heeltemal bereid om my eie geselskap te geniet. Hou van gesels, lees, my stokperdjies wat hoofsaaklik handewerk is en tuinwerk. Sommer net so n alledaagse mens. 
Woon in Alberton  Werk nog steeds al is dit deeltyds (om my uit die kwaad te hou) Geniet n drankie werklik nou en dan. 
Sou graag met ander ook wou gesels. meetamatch@telkomsa.net

323 ANRE: Ek is 'n netjiese persoon wat lief is vir die natuur, maklik oor die weg kom  met my medemens, doen sport en dans baie graag. Is al 11 jaar geskei, het 3 kinders; dogter van 31j, seun van 26j en dogter van 22j. Is 1.62m en weeg 68kg, het blond/bruin hare en groen o. Is ontvangsdame by Prokureurs. Bly in Pretoria Ek het baie liefde om te gee vir die regte persoon.  Ek is opsoek na 'n lewensmaat wat betroubaar, opreg, eerlik en netjies is en wat 'n goeie  vrou kan waardeer!  Hy moet aantreklik en standvastig wees. meetamatch@telkomsa.net

313CM 46jr, geskei, bly in Pretoria en werk vir myself, voorheen sekretaresse.  Het 3 groot kinders.
Ek hou van kuier en gesels. Maar is nie regtig 'n groot-groep mens nie. Is huislik, lees graag en kyk TV. Doen naaldwerk en handwerk wanneer ek 'n tydjie afhet.Het ook gehou van uiteet en dans, voordat ek alleen was.
Hou van diere en die natuur.  Is baie lief vir die see.  Stap en oefen graag. meetamatch@telkomsa.net

JN: Ek soek manvriende tussen 49 en 60 jaar. Opreg en eerlik.  Enkel asb. Geen gekskeerders nie, drinkers en rokers nog minder.  Groot humorsin en baie standvastig. Langer as 1.67 cm (blank). Ek woon in Kaapstad.  meetamatch@telkomsa.net

NESTLE;Weduwee, 57jr, 5'7",67kg. Bly aan die Rand. Belangstellings; Teater, fliek, uiteet,vakansie hou.Kuier met familie en vriende. Hou van goeie geselskap. meetamatch@telkomsa.net

ITA; Ek hou van goeie musiek, die buitelewe, naaldwerk, kook, bak, fliek en gesels graag. Hou van toere. Behoort aan die NGKerk. Bly alleen. Geskei, 68jr  meetamatch@telkomsa.net

ANNE; is 46jr, 1.74m, gewig medium. Lief vir dans, stap, kuier en rustigheid  meetamatch@telkomsa.net

SOEK VRIENDE &VRIENDINNE; Afgetree, bly in Moot  65jr, 1.57m. Geen afhanklikes, 3 getroude dogters en 7 kleinkinders. Stel belang in tuinmaak, lees, naaldwerk, kunsnaaldwerk, blokkiesraaisels, braai en sommer net kuier. Lief vir honde. meetamatch@telkomsa.net

JESSIE, 40 jarige, geskeide dame van Pretoria. Wil graag mansvriende ontmoet tussen 40 - 50 jaar met die oog op vriendskap. Ek is 1,65m, 60kg, groen o, blond/bruin hare. Lief vir kamp, natuurliefhebber, motorfiets ry, musiek , diere en als wat mooi en positief is    meetamatch@telkomsa.net

WOELWATER van die Vaaldriehoek is 47 jaar oud, nie skraal nie en 1.54m lank. Het 'n uitnemende persoonlikheid, is lewenslustig en lief vir mense, is selfversorgend met geen afhanklikes. Hou van  tuinmaak, natuur, avontuur en reis.  Baie lief vir diere. Wil graag gesels met intelligente mans tussen 46 en 55 wat waardes het, selfversorgend is en al iets in die lewe bymekaar gemaak het.  Moet nog lus wees vir die lewe, nie depressief  en vol "hang-ups" nie!  Hy kan maar rook en so af en toe 'n drankie neem. Asseblief nie iemand wat heeldag voor die TV sit nie!  meetamatch@telkomsa.net

ALLEGRO; Fisioterapeut, 44jr, 1.7m,60kg, blou-groen oe, hare bruin-goud. Belangstellings; fotografie, musiek, lees, mode-ontwerp, 'scrap-booking', lid van die Ned.Herv. Kerk.  
Geen rokers asb Wil graag mans van 40jr en ouer ontmoet  meetamatch@telkomsa.net

MAGDALENA BLY IN ANTWERPEN, BELGIE Reis graag, oor die hele aarde heen, was al in Suid Afrika en wil dit graag weer besoek. Dames en mans is welkom om meer van Suid Afrika te vertel.  Besoek graag plekke, uit die Afrikaanse kuns en kultuur  geskiedenis.  meetamatch@telkomsa.net

BECKIE; Ek woon in Gauteng, stel belang in eerlike opregte vriendskap.  Hou van buitelug, dans, sing en alles wat mooi is. Ook hou  ek  van intelligente geselskap.  meetamatch@telkomsa.net

MAGDALENA BLY IN ANTWERPEN, BELGIE Reis graag, oor die hele aarde heen, was al in Suid Afrika en wil dit graag weer besoek. Dames en mans is welkom om meer van Suid Afrika te vertel.  Besoek graag plekke, uit die Afrikaanse kuns en kultuur  geskiedenis.  meetamatch@telkomsa.net

WEDERGEBORE CHRISTEN Dame Korrespondente gesoek wat werklik 'n verhouding het met ons Lewende God- Here Jesus Christus  meetamatch@telkomsa.net

SHALAMAR; 44 en reeds 'n paar jaar alleen, het ek nie 'n man nodig nie maar wel 'n vriend.  Een wat die lag tye, die huiltye en die opwindende tye saam kan deel.  'n Man wat weet dat die lewe kosbaar is en elke oomblik is daar om geneem te word.  Partykeer kyk jy dit mis maar om die draai, is daar weer 'n geleentheid en dan ook net soveel.  Deel die lewe - geniet die lewe.  Soms werk ek te hard maar as daar iemand was..  meetamatch@telkomsa.net

ANGEL; 'n 34 jarige donkerkop vrou is op soek na 'n man wat 'n vrou kan laat tuis voel. Iemand wat saam met my alles kan deel.  Die persoon moet van kinders hou want di is my ander helfde.  Hy is nou 14!  
Is jy die man wat nou en dan 'n naweek weg gaan, saam gaan fliek! Piekniek hou en 'n meisie kan trakteer - dan is ek die vrou vir jou.  As jy kan dans (sokkie) dan is jy die man vir my! Sien jou gou. meetamatch@telkomsa.net

Golfie van Mpumalanga is 'n 56-jarige Christen met donker bruin hare en groen o.  Sy is 1.65 m lank en hou van die buitelewe, reis, musiek en positiewe geselskap. Sy is onafhanklik, eerlik en opreg.  Haar ideale maat is standvastige en opregte mans wat nie rook of drink nie, is welkom om te skryf  meetamatch@telkomsa.net

Mira van Pta:  50jr geskeide vrou, geen afhanklikes, kort donker hare en bruin oe, middelmadige lengte en bou, nie-roker, drink social. Romanties, sin vir humor, verskeidenheid belangstellings, hou van kinders.  
Maat - tussen 45 - 50jr, onafhanklik, gemiddeld gebou, wyebelangstellings en weet hoe om medemens met respek te behandel.  meetamatch@telkomsa.net

SEXY SALLY soek 'n maat wat saam met haar die lekker dinge vd. lewe kan geniet. Ek hou van reis (plaaslik en oosee) braaivleis, rugby, ens.  Ek is slank, goedversorg, selfstandig, sonder afhanklikes. Rook nie geniet 'n drankie op sy tyd. Kommaan, manne 50-75 (geen getroudes en lamsakke asb) wat nog die lewe wil geniet kan van hulle laat hoor  meetamatch@telkomsa.net

Caty s:  GESKEIDE DAME VERLANG MANS VRIENDE . SOBER GEWOONTES OUDERDOM TUSSEN 55 EN 70JAAR . WESRAND.   meetamatch@telkomsa.net

 

Mans

 

199:HENK VAN NEDERLAND: Ek het al een aantal kere in Z-A gekom vir die werk en is baie lief vir julle land. So ek probeer die mooie taal van julle beter te leer en ook te onderhou en is op soek naar penvriende. Ek is een alleenloper en is lief vir reis, natuur, buitelewe, sport, stap en het een goeie sin vir humor. Ek is 59 jare (jong) en respekteer die waardes van die lewe. Op jou site het ek met belangstellings gekyk naar vrouwe die met een oop blik in die wereld kyk. Myn vra is nou,  een aantal vrouwe met wie ek wil korrespondeer.
PS. let asseblief nie op foute in die brief  .
meetamatch@telkomsa.net

198;PF Ras: Blank Ouderdom 58 Huwelikstatus : Geskei Omgewing: Weskaap (kusdorpie)
Beroep: Ek het vroeg afgetree en skilder nou voltyds en doen Projekbestuur vir eiendomsontwikkelings.
Afhanklikes: Nie wat by my bly nie Belangstellings: Dans, visvang, musiekmaak, stap, skryf, skilder
Kwalifikasies: CEA; SSS4: NQF4: SSV. Ek stel belang om 'n wedergebore gelowige dame te ontmoet.
meetamatch@telkomsa.net

197 FRANCOIS; Centurion, 50+jr, 65kg, n/r,NG.kerk. Hou van dans, stap, buitelewe.
Stel belang in skraal dames 48-50jr, n/r,  verkieslik van Centurion omgewing. meetamatch@telkomsa.net

196 JOHN 26jr Enkel, Entrepreneur, bly in die Vrystaat. stel belang in Afrikaanse musiek, mense en besigheid+ meetamatch@telkomsa.net

195; LONELY RIDER; Wew. 83kg,1.76m,Swarthare.Hazel oe. Bly op plasie in Limpopo. Afgetrede sakeman. Christen. Getroude dogters x 2. Ek hou van ligte klassieke musiek, country, blues en moderne sangers. Ek lees romans, speurverhale, en alles wat voorkom. Maak graag tuin en werk om die huis.  Lief vir wilde diere en rondry.  Hou van fliek, teater, konserte en uiteet.  Bosveld is bo dan die see.Ek is eerlik, opreg, baie romanties (met die regte persoon.  Goeie sin vir humor. Ek is baie aktief,skoon en hou van netheid (miskien 'n perfeksionis) Dames waarin ek belangstel; 45+ meetamatch@telkomsa.net

194; MONYMAKER One lady's man,50yrs, Div.(ex left the country with new husband) 2 adult sons, self-supportive, non-smoker, Loves home-life, to work in the garden, etc. Would like to meet similar lady English or Afrikaans, 40-51yrs, not overweight, n/s, independant, trustworthy, no encumbrances please. Gauteng area meetamatch@telkomsa.net

193; SOFT SPOKEN BACHELOR; 40yrs, Technician,no children, lives on plot outside Pretoria, loves quiet and peacefull life - far from the maddening crowd..... Hobbies; technical things, miniature steam-engines,antique fire-arms. Like to meet 25-30yrs slim girl with no kids and stable job. meetamatch@telkomsa.net

191 SHARKY Ek is 45, 1.89m. Ek is 'n suksesvolle sake man met my eie besigheid. Goeie sin vir humour, goeie liggaamsbou. Hou van die mooi dinge in die lewe. Hou van die buite lewe.  Ek is opsoek na pragtige dame wat atleties gebou is, sy moet hou van 'n man wat weet hoe om 'n vrou te bederf. Moet hou van dans (ek glo 'n vrou wat lekker kan dans kan lekker soen). Geen kansvatter meetamatch@telkomsa.net

181BEDERWER: 60jr, 1.72m, 85kg. Geskei, nie-roker. Stel belang in buitelewe, uitgaan en sommer om 'n vrou te bederf.  Dames van ongeveer 48-55jr. meetamatch@telkomsa.net

151STEFAANS van Centurion. Stel belang in 'n vrou in die ouderdomsgroep 49-56jr. Ek stel belang in filosofie en lees graag teologiese artikels op die internet. My ander belangstelling is digitale fotografie en video werk. Ek is vanuit 'n akademiese agtergrond.
My primere vereiste, vir 'n vrou is sagmoedigheid. En ek sal graag 'n bydrae tot haar lewe wil maak.  Ek hoor graag van dames van die Pretoria omgewing,  wat belangstel.  meetamatch@telkomsa.net

141MH; 44 ongetroud, geen kinders. Lang man. Belangstellings is alles wat lekker is, soos uit-eet, natuur, swem, bergklim, ens. Vaste werk. Bly in Pretoria. meetamatch@telkomsa.net

WEWENAAR: Ek is 'n wewenaar van 67 jaar, 1.72 m lank, weeg 74 kilos, goed gebou en woon in Centurion. Ek is onafhanklik (nog nie oupa nie) en werk nog deeltyds. 
My belangstellings is musiek, sport (speel tennis) en die buitelug. Soos jy sal opmerk, is ek vol lewe en probeer van elke dag die beste maak. Ek rook nie maar geniet 'n bier na tennis, by die braaivleisvuur (het nie 'n boep nie) en 'n glas wyn by ete. meetamatch@telkomsa.net

DON 62jr, 1,87m, Lief vir dans, kuier,rondry, blokkiesraaisels en rus.  meetamatch@telkomsa.net

Aviator AOG (Aircraft On Ground) van Centurion is `n 66 jarige geskeide man. Ons het drie dogters wat almal getroud is en die wereld vol woon. Ek sien my vyf kleinkinder feitlik nooit. Ek het aan UP ingenieurswese gestudeer en daarna na-graads aan Unisa gekwalifiseer. Ek is 1.83m lank en groot gebou. Oorspronklik was my hare rooierig maar dit het nou natuurlik verkleur na `n soort blond, vandaar my baie wit gelaat. Ek het `n baie wye belangstelling vir alles om my en in die wye wereld. Ek geniet ook al die tradisionele dinge wat mans in RSA maar geniet.
Ek glo dat ek sensitief is vir die behoeftes van `n vrou en dit is my doel om `n vrou gelukkig te hou. Ek is nie finansieel sterk nie. 
EK filosofeer graag oor allerlei aspekte van die lewe en vind dan baie uiteenlopende antwoorde, sommige wat my daartoe lei dat ek met baie gevestigde opinies verskil. Ek dwing dit egter nie op ander mense af nie. Ek lees graag en werk meesal op my rekenaar. Vanwee `n motorbotsing 32 jaar gelede is my mobiliteit effens aan bande gele met die gevolg dat ek sowat 32 jaar gelede laas kon hardloop. Ek kan die rookgewoonte nie verdra nie en drink baie seldsaam alkoholiese drank. Wanneer ek wel drink geniet ek om saam met vriende bier te drink en wyn by die ete in `n restouranten hou dit streng binne perke.
Ek sou graag iemand wil ontmoet wat my kan aanvul en `n meer uitgaande persoon is as ek. Sy sal in alle waarskynlikheid tussen 58 en 68 jaar oud wees en alleen woon. Elegansie staan baie hoog op die voorkeur met `n aangename persoonlikheid wat met `n kortkop volg. `n Mate selfstandigheid is vir my vanselfsprekend, terwyl die ding wat vroue normaalweg doen waardeer word.  Epos:  meetamatch@telkomsa.net

Jangert Ouderdom: 53 Beskrywing: 95 kg 175 lank blou oe grys/bruin
hareBelangstellings: buitelewe en kamp, 4 x 4 ekspidisies, DANS,
musiek (speel keybord en sing)Stokperdjies: skryf graag gedigte ;
restoureer motors; gym en fietsry.Geen afhanklikes. Eie woning. Vaste
betrekking.'n Christen lid van NG kerk. Soek na dame tussen 40 en 53 met
dieselfde belangstellings. Onafhanklik met geen afhanklikes, goed versorg
nie oorgewig nie!  Epos:  meetamatch@telkomsa.net

 

Kom kuier saam

 

26 JUNIE ALLEENLOPER SAMEKOMS in Centurion

Verdryf die winterkoue! Ontmoet nuwe vriende en vriendinne, van oral.  Dames vanaf 34jr Manne vanaf 36jr.

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Middagete ingesluit.

076 105 7747 nie pcm/sms asb

012 667 5317

meetamatch@telkomsa.net