Snaakse gebeure... |
Klante
vir skok behandel nadat man penis in restaurant afsny 'n 35-jarige man
het in 'n Londense restaurant op 'n tafel gespring, sy broek afgetrek en
sy penis met 'n kombuismes ten aanskoue van geskokte klante afgesny. Beeld
24/4/07 - Wat dink jy? Reageer
hier
Ongelooflik: Is dit 'n krokedil onder jou klere of...Vrou probeer grenspos oorsteek met diere onder haar klere. Msnbc 6/4/07 - Wat dink jy? Reageer hier
Vrou
sluk minnaar se valstande in. 'n Vrou in van Galati, in
Romenië het in die hospitaal beland nadat sy haar minnaar se valstande
ingesluk het in 'n oomblik van passie. Lees meer. Wat dink
jy?
Reageer
hier
My suster kan maklik my lewe red,
maar weier. Leukemia lyer Simon Pretty, 46, het een kans om te
oorleef. Sy suster Helen, 43, is enigste persoon in die wêreld wat hom
hierdie kans kan bied met beenmurg-oorplanting.
Volgens dokters het toetse getoon dat haar beenmurg feitlik identies is as die
van haar broer.
Aanvanklik het die suster ingestem om van haar rugmurg te laat onttrek en oor te
plant, maar weier nou "Omrede sy haar eie familie eerste moet plaas"
Die kanse om 'n ander skenker te kry is baie skraal.
Sy lewensmaat, Jacqueline Fenton, vrees nou dat sy alleen agtergelaat gaan word
om haar 3 kinders groot te maak. Volgens Simon het hulle 'n gebed in een van die
kinders se jasse gevind met die woorde "Moet asseblief nie dat my pappie
doodgaan aan kanker nie"
Desperaat vir 'n oplossing, het Jacqueline vir Helen by haar huis gaan besoek,
met die hoop om haar anders te oortuig. Maar die ma van 2, het steeds
geweier. Gemoedere het hoog geloop en uitgeloop op 'n stoeigeveg en Jacqueline
was gearresteer. Later het Helen se prokureur vir Jacqueline opdrag gegee
om weg te bly.
Simon erken dat hy nooit baie na aan sy suster was nie, maar het immers gehoop
dat sy positief sou reageer. Helen weier sederdien om enige kommentaar te
lewer.
Wat dink jy? - Reageer
hier
Terug na bo | Terug na tuisblad
Selfmoord lewendig op internet
klets-kanaal. Wellington, London. 'n Geskeide pa van 2 kinders het
homself hier opgehang ten aanskoue van sy klets-maats voor 'n internet webcam.
Die 42-jarige Kevin, dreig nou al 2 weke om selfmoord te pleeg, maar meeste van
sy vriende het gedink hy terg, soos hy dikwels doen.
Kevin, wat die naam R1 op die klets-kamer gebruik het, het 'n dag voor die
selfmoord, aan die toeskouers gesê "Hierdie keer gaan ek dit doen. Wil
julle dit sien? Ek kan dit op Webcam doen."
Toe hy voor die kamera, die tou om 'n balk bo sy kop gooi en die lus om sy nek
plaas, het 'n vriend hom steeds aangemoedig om voort te gaan. Die vriend
het vas bly glo dat Kevin weer "sports" maak.
Tot groot skok van sy "gehoor" het hy die stoel onder hom uitgeskop,
en homself opgehang
Van die web-gebruikers wat Kevin persoonlik ken het dadelik die naaste polisie
geskakel, maar toe hulle 15 minute later by sy woonstel inbreek, het hulle hom
dood aangetref.
Op 'n audio-band wat aan die polisie oorhandig is kan iemand gehoor word wat sê:
"Don't do it, R1. I'm serious. Somebody call the police." Ander
hits hom weer aan en sê "Komaan, moenie swak wees nie".
Wat dink jy? Reageer
hier
Terug na bo | Terug na tuisblad
Hierdie storie is 'n bietjie oud, maar steeds lagwekkend.
Boete vir bakkie wat te padwaardig is.
'n Lid van die Metropolisie het waarskynlik in trurat geredeneer toe hy 'n boete
uitgeskryf het omdat 'n bakkie se truligte net brand wanneer die motor in trurat
is.
Mnr. Willem smit kon nie glo hy kry 'n boete van R200 nie. "Ek kon nie glo
ek word beboet omdat hy bakkie padwaardig is nie"
Smit was op pad vanaf Hammanskraal, toe die metropolisie hom aftrek vir 'n
padwaardigheidstoets.
"Ek het my volle samewerking gegee, want ek het geweet alles is reg.
Die man het alles getoets. Toe kry ek tot my skok 'n boete omdat my bakkie se
truligte net werk wanneer dit in trurat is!"
Volgens smit het hy probeer verduidelik dat dit is hoe die ligte moet werk,
"maar hy wou niks weet nie, en het gesê ek kan vertoë rig aan die
hoofverkeersbeampte." Foto klik hier
'n
Vrou in van Galati, in Romenië het in die hospitaal beland nadat sy haar
minnaar se valstande ingesluk het in 'n oomblik van passie.
Die 38-jaar oue vrou, het eers aan dokters gesê het sy het 'n "onbekende
voorwerp" ingesluk, maar wou nie sê wat dit was nie.
Groot was die verbasing toe die x-strale 'n paar valstande in haar maag vertoon.
Uiteindelik het sy erken dat sy die stel tande ingesluk het tydens
eksperimentering met 'n "spesiale soort soen" met haar minaar.
Na 'n verblyf van 2 dae, het die gebit haar liggaam op 'n natuurlike wyse
verlaat.
Ingestuur deur Mike Boshoff.
Wat dink jy?
Reageer
hier
Terug na bo | Terug na tuisblad
'n Boer in die Roodeplaat omgewing kon nie verstaan hoekom sy skape onlangs
begin verdwyn het nie. Na baie verliese besluit hy toe om 'n elektriese
heining van 20 000 Volt op te rig.
Kyk wat het hy gevind: Foto1
Foto2
Terug na bo | Terug na tuisblad
7/3/07 GUATEMALA CITY , Guatemala. 'n Massiewe sinkgat het die lewens van 2 tieners
geeis, en die nood ontruiming van byna n duisend mense genoodsaak in hierdie dig
bewoonde stad van Guatamala.
Verskeie huise het verdwyn in die sinkgat en daar word gevrees dat dit wyer kan
insak. 'n Slegte ruik rys op vanaf die dieptes. Bruisende water en
"borrel geluide" kan gehoor word. Die twee tieners wat omgekom
het was Irma and David Soyos, hul vader, Domingo, word steeds vermis.
Kyk hierdie ongelooflike foto's:
foto1, foto2,
foto3, foto4,
foto5.
Ingestuur deur Amanda. Wat dink jy? Reageer
hier
Terug na bo | Terug na tuisblad
2/3/07: 'n Duitse man, Fred Gregor, 45, van Werben, was vir internet bedrog
aangekla, en om te voorkom dat hy in hegtenis geneem word, het hy 'n hout hut bo
op 'n telekommunikasiemas gebou en daar gebly. Fred het botweg geweier om
af te kom en slegs kos aanvaar was per mandjie opgestuur is.
Die webblad Ananova berig sy vrou, 25, het egter 'n kaal foto van haarself saam
met 'n kosmandjie opgestuur "om hom te herinner wat hy mis".
Dit het hom laat besluit om onmiddelik af te kom!
Gregory, se regshulp slaag tot dusver om hom uit die tronk te hou "op grond
daarvan dat sy familie hom benodig"
Ek wonder of Fred nog foto's kyk....
Wat dink jy? Reageer
hier
Amanda sê: Wat sal word van die wêreld sonder ons vrouens??? Mans op pale......mmm
Terug na bo | Terug na tuisblad
2/3/07 Een van Britanje se mees senior regters is op 19 Januarie 2007
gearresteer vir ontbloting.
Die arrestasie volg na 'n vrou 'n klagte ingedien het van 'n man wat homself
teenoor haar op 'n trein ontbloot het. Die British Transport Police (BTP)
het die regter op heterdaad betrap tydens 'n "sting operasie".
Regter, Sir Stephen Richards, 56, is 'n getroude man met kinders, en woon in
Wimbledon, London. Hy is op borgtog vrygelaat en moet daaglik by die Ebury
Bridge polisiestasie rapporteer.
Die regter, wat volhou dat hy onskuldig is, het verskeie hoë profiel sake in
die verlede behartig. Hy was ook betrokke by die saak wat die familie van
Jean Charles de Menezes, the Braziliaanse man wat deur die Britse polisie
doodgeskiet is, nadat hulle hom foutiewelik aangesien het vir 'n
selfmoordaanvaller met 'n bom om sy lyf.
Wat dink jy? Reageer
hier
'n Romeense man van 72, het sy 70 jarige vrou vir 'n week toegesluit omdat hy
daarvan oortuig was dat sy ontrou aan hom is.
Die vrou het daarin geslaag om te ontsnap met die hulp van bure nadat hulle
"snaakse geluide vanaf die hoenderhok gehoor het."
Die man, wat in die dorpie Cotu Vames in Suceava woon staar nou siviele
aanklagte in die gesig, maar sê hy het dit gedoen om haar te beskerm teen die
versoeking om slegte dinge te doen.
Wat dink jy? Reageer
hier
''n
Romeense vrou, Aurelia Cenusa, van Severin, was verstom toe sy 'n piesangkrat
deur die pos ontvang met die oorskot van haar oorlede pa in. Sy sê sy is
'n ruk gelede ingelig dat die begraafplaas waar haar pa begrawe is, aan
ontwikkelaars verkoop is, en dat sy die oorskot moet kom afhaal. Sy het
egter gedink dit is 'n grap en geantwoord dat die kis maar verkoop kan word, en
dat die kerk haar pa elders kan begrawe. "Ek het onlangs 'n lotery kaartjie
gekoop, en toe die krat opdaag het ek gedink ek het iets gewen. Groot was
my verbasing toe ek die krat oopmaak en my pa se geraamte daarin vind, kompleet
met stukkies klere wat hy aangehad het tydens die begrafnis.
Aurelia sê sy gaan 'n eis instel teen alle betrokkenes.
Wat dink jy? Reageer
hier
Terug na bo | Terug na tuisblad
Man hoor hy is al in 1999 oorlede. ’n Boodskap op sy selfoon van sy siekefonds, Bonitas, gekry wat hom inlig dat sy mediese voordele opgeskort is. Die Burger 2/3/07 - Lees meer - Wat dink jy? Reageer hier
Wit man word swart vrou?? Na verskeie foute op nuwe ID dokument, neem hierdie een die koek! Dink net aan al die voordele as jy skielik swart is in hierdie land! Beeld 22/2/07 - Lees meer - Wat dink jy? Reageer hier
Nog 'n ID-dokument flater. Hierdie dame het aansoek gedoen vir 'n ID document met 'n nota aan om seker te maak dat haar naam, Anmeri, 'n strepie op die i moet kry. Eish!, kyk wat het gebeur. Foto. Ingestuur deur Johan. Wat dink jy? Reageer hier
Sjuut ... laat die polisie maar slaap. Almal slaap in aanklagkantoor, telefone lui net. Vrou neem foto's van almal wat slaap. Beeld 1/2/07 Lees meer - Wat dink jy? Reageer hier
Wat ruik so? 'n Amerikaanse maatskappy ontwerp onderklere wat winde filtreer en reuke verdoesel. Lees meer in Die Burger: 24/1/07 - Wat dink jy? Reageer hier
Kakamas ruik soos.... Inwoners ontstoke oor water- en rioolprobleme. Volksblad 3/3/07 - Lees meer - Wat dink jy? Reageer hier
Die pienk-broekie-tronk. Hulle noem Joe Arpaio die “taaiste sheriff in die weste’’. En hy is trots daarop dat hy die “hardepad’’ teruggesit het in tronkstraf. Beeld - Lees meer - Wat dink jy? Reageer hier
Skalpel ná 23 jaar in maag gevind. Ná maagpyn van 23 jaar het ’n Brasiliaanse vrou eindelik die rede daarvoor ontdek – ’n skalpel in haar maag. Beeld 14/7/07 Lees meer. - Wat dink jy? Reageer hier
Drie meisies 7j. lank in huis toegesluit. Die drie meisies, nou 14, 18 en 21, het in feitlik algehele duisternis gelewe, omring deur vullis en rotte. Beeld 14/7/07 Lees meer. - Wat dink jy? Reageer hier.
Amanda sê. Ou bitch,!!! Hoop jy word toegesluit daar waar hulle toegesluit was vir altyd...
"Oerwoud-kind" verskyn na 19 jaar Phnom Penh. – ' n Kambodjaanse familie is oortuig dis hul lang vermiste dogter, maar is sy?.. Lees meer in Beeld: 23/1/07 - Wat dink jy? Reageer hier
Ongelooflik. Ons ontdek:
Hoe vang 'n mens 'n groot slang: Klik
hier
Ongelooflike 3D muurskilderye: Klik
hier
Tier-ma maak klein varkies groot. Klik
hier
Ongelooflike "Make overs" Klik
hier en Klik hier
Bekendes se foto's: Toe hulle klein/jonk was
Klik hier en Klik
hier