Hierdie diens word
aangebied slegs vir enkellopendes, geskeides, weduwees en wewenaars wat
belangstel om iemand van die teenoorgestelde geslag te ontmoet.
Indien u belangstel
om met enige van die gelyste persone kontak te maak, of om self gelys te word, stuur
'n epos aan Cotie.
Dames - Mans - Kom
kuier saam...7 MEI.... - Kontak
Cotie - BCnet tuisblad
|
561 MAGGIE: Ek is enkel ouer vir die laaste 11 jaar. Twee dogters 25
en 13. Ek is amper 48, blonde hare, nie oorgewig nie. Almal se
altyd ek is “very well groomed”, en ek is trots daarop. Ek is ‘n
baie netjiese mens en baie “house proud”. Ek hou daarvan om huisie -
huisie te speel, tuinmaak is ook een van my kwaliteite. Ek is nie
‘n baie goeie kok nie, alhoewel ek dit tog doen. Die koek bak en
kinderpartjies uithang is gelukkig nou nie meer so nodig nie. Maar het
dit gedoen en geniet toe die kinders klein was. Ek het ‘n baie
ongekompliseerde lewe, die komplikasies het gelukkig langal hulself
uitgewerk. (geen egskeiding is maklik nie). Die oudste kind bly
op haar eie, net ek en die jongste woon alleen. Ons is ‘n hegte ou gesinnetjie.
Ek het ‘n wonderlike werk, kom en gaan soos ek wil. Bietjie van my eie
baas. |
|
453: FIRE
FLY van Pretoria: 27 jarige enkel
blanke dame opsoek na vriende en vriendinne in die omgewing. Ek is 1.68m lank
en weeg 58kg. Ek het blou oë en lang donkerbruin hare. Ek is n saggeaarde en
liefdevolle dame met n goeie humorsin. Is n brandweer vrou by beroep en werk
tans as n senior brand offisier vir n risiko bestuur firma. Ek studeer ook
deeltyds vir n nasionale diploma in veiligheids bestuur. Ek hou daarvan om te
gaan fliek en om musiek te luister. Sal daarvan hou om eerlike, opregte enkel
blanke mans te ontmoet tussen 28 – 33, wat n goeie humorsin het en wat min of
meer dieselfde belangstellings het. Wil ook graag vriendinne vir geselskap in
die Pretoria omgewing ontmoet. meetamatch@telkomsa.net
|
|
454:DENE: Vroee vyftigs, 1.62m in my skoene en van gemiddelde bou. Is
baie jonk van gees. Ek is woonagtig in die Randvaal (Vaaldriehoek)
omgewing. Ek is opsoek na vriende en vriendinne van oraloor, veral die
Randvaal, Vaaldriehoek en Alberton omgewing. Belangstelling; Blomme, die
natuur, musiek, kuier om die braaivleisvuurtjie, sommer net gesellig tuis
verkeer, lang wandelinge langs die see, plaaslewe, uitstappies, bak en brou.
Aanvaar my soos ek is - soms 'Plain Jane' maar kan opdollie wanneer
nodig.Wees bereid om my te aanvaar met my honde en katte. (Hul gee en aanvaar
liefde en vertroeteling onvoorwaardelik) My kinders is reeds volwasse. My
kleindogter nog in haar babaskoene. Sy is ouma se hart se punt.
Vriendskap en kameraadskap is vir my belangrik. Moenie dink ek is 'n
ekstrovert nie, dit is ek gewis nie, maar ek is nie 'n alleen-mens nie.
Laat gerus van jou hoor, indien jy belangstel om kennis te maak. . meetamatch@telkomsa.net
|
|
455: OPEL
CORSA: 54 jaar jonk, geskei,
1,69 lank en weeg 65. Jare terug gematrikuleer in Silverton, werk as ontvangsdame
en bly in Centurion. Ek is nogal aktief, betreffende fietsry,
padwedlope, hiking, en is mal mal mal vir dans. Mens kan verseker net
jou beste kwaliteite so promoveer, en in die ander asem vra hoekom het
my huwelik nie gewerk nie ! Ek is ‘n
kind van die Here, baie gemaklik met almal, en op die stadium is my 2
kleinkinders die lekkerste van my lewe. Sulke onselfsugtige
liefde. Dis net gladnie lekker om alleen te wees nie, en op hierdie
stadium wil ek graag mans persone ontmoet wat my lewe positief kan
be-invloed. Ek het baie om te gee, het 2 kinders albei uit die
huis, seun is getroud, vandaar my 2 juweeltjies, dogter in Potch nognie
getroud nie. Het my eie baie betroubare tjorrietjie en ek wil nie sê ek
is “independent” nie, maar kom en gaan soos ek wil. Sal graag manne wil ontmoet tussen 50
en 65, maar ek gaan myself een kompliment toevoeg. Ek lyk gelukkig nie
54 nie, en tree definitief ook nie my ouderdom op nie. Is nie verspot
nie, maar rol maklik in die gras rond, gaan ry ver ente met die fiets,
(in ‘n groep, dis te gevaarlik vrou alleen), en geniet ‘n fliek
spontaan. Baie belangrik, BLOU BUL ondersteuner en mis nie ‘n wedstryd
op Loftus nie. Wie-ever saam gaan moet maar op sy/haar tande byt, want
my mond is baie groot. . meetamatch@telkomsa.net |
|
FireFly 453; van Pretoria: 27 jarige enkel blanke dame opsoek na
vriende en vriendinne in die omgewing. Ek is 1.68m lank en weeg 58kg. Ek het
blou oë en lang donkerbruin hare. Ek is n saggeaarde en liefdevolle dame met
n goeie humorsin. Is n brandweer vrou by beroep en werk tans as n senior
brand offisier vir n risiko bestuur firma. Ek studeer ook deeltyds vir n
nasionale diploma in veiligheids bestuur. Ek hou daarvan om te gaan fliek en
om musiek te luister. Sal daarvan hou om eerlike, opregte enkel blanke mans
te ontmoet tussen 28 – 33, wat n goeie humorsin het en wat min of meer
dieselfde belangstellings het. Wil ook graag vriendinne vir geselskap in die
Pretoria omgewing ontmoet. meetamatch@telkomsa.net
|
|
452;VLOOIJA; Ek is 52,en sal graag wil
gesels. Bly in die Wes-Kaap, het 4
onafhanklike kinders wat nie by my bly nie. Is nie regtig nou ingestel op
langtermyn-verhoudings, troues ens. nie, maar sal daarvan hou met net te
gesels en 'n skouer te he.
meetamatch@telkomsa.net |
|
451;LIEBE; 38 jarige
weduwee. Is 1.8m lank en weeg 70kg. Het blonde hare en
blou oe. Ek het twee kinders, onderskeidelik 16 en 11 jaar
oud. Ek is 'n roker besig om daaraan te werk, drink ‘n glasie wyn met
geleenthede. Baie christelik, saggeaard maar tog beginselvas
- het ‘n ongelooflike positiewe uitkyk op die lewe en baie jonk van gees.
Ek is ‘n buitelewe mens en baie aktief. Lief vir onthaal en
kuier. Glad nie ‘n alleen-mens nie.Kerk vd Nasarener. Ek hou van
opregte en eerlike mansvriende - net eers vriende. meetamatch@telkomsa.net |
|
450;ONNIE; My naam is Breggie, ek is 43jaar
oud, nog nooit getroud en in die onderwys. Blonde hare en blou oë
middelmatige lengte en glad nie oorgewig nie. Hou van dans, buitelewe, rook nie, sosiale drinker, handhaaf
hoë christelike waardes.Woonagtig in |
|
449;COOL OUMA;Ek is `n weduwee 65jr verlang goeie
mans vriende met die oog op `n ont moeting,sal verdere besonderhede
verskaf,as iemand belang stel. |
|
448: BUIGSAAM;Ek is 'n 51 jarige weduwee, kinders uit
die huis met 2 pragtige kleinseuns op soek na 'n opregte realistiese
man waarmee ek kan korrespondeer. |
|
447;WEN; Ek sal graag my vriendekring wil
uitbrei. Ek is n weduwee van 57 jaar. Dit is nou die eerste keer dat ek gereed
voel om weer nuwe dinge aan te pak en nuwe vriende te ontmoet, na my man se
dood. My moed het nog net altyd ontbreek om die stap te neem. Maar soos die
tyd aangestap het, het ek besef ek sal graag nuwe vriende , met die regte
waardes wil ontmoet. Dit is werk, huis toe en kerk toe. |
|
446 SUIKER SOET; Ek is ‘n enkel dame wat
geskei is, ek is 38 jaar en 1.77 lank. Ek het groen blou oë, en ‘n
vrolike en liefdevolle persoonlikheid. Ek hou van kos maak, dans en kuier
saam met vriende. Ek geniet dit om te gaan fliek, veral iets romanties, maar
hou ook van ‘n goeie aksie film. Ek is ‘n eerlike persoon, drink
of rook nie. Ek het twee kinders, ‘n seun van 14 en ‘n dogter van
11jaar. Ek is opsoek na ‘n goeie eerlike man
(ouerdom tussen 39 en 47 jaar) met Christelike beginsels, wat nie rook
of drink nie. Hy moet netjies op hom self wees, hy moet ‘n gentlemen
wees, wat romanties is en ook liefde vol. Hy moet finansieel onafhanklike
wees. Hy moet enkel wees. (gee nie om of hy kinders het nie, maar
moet nie getroud wees nie.) Ek woon in Krugersdorp omgewing. Ek is op
soek na ‘n goeie vriend en wie weet vat die toekoms inhou. meetamatch@telkomsa.net
|
|
445 ASSEL: EK IS N
DAME VAN 30 JAAR WAT GESKEI IS MET TWEE PRAGTIGE DOGTER, EK WOON IN DIE
WESKUS ST.HELENA BAAI EK IS OP SOEK NA N MAN VAN TUSSEN 30 EN 40 JAAR OM
VRIENSKAPLIK TE VERKEER. VERKIESLIK NIE ROOK NIE HY MAG DRINK MAAR MIN.GEEN
ROOIKOPPE NIE. MOET AANTREKLIK WEES EN MOOI GEBOU EN BLOU OE.EK HET BLOU OE
EN IS FYN GEBOU.. meetamatch@telkomsa.net
|
|
443; BFN; Hi ek
is 35 jaar oud. Ek is 'n blanke ongetroude vrou en geen kinders
.ek is 1,57 meter lank en 57 kg. ek het blou oë en is blond!
Ek is 'n halfhorend gebore! Ek hou van buitenatuur, visvang
,boeklees,uiteet, dvd kyk, stap en braaivleis. Ek skilder in my
vryetyd! Ek opsoek na opregte lewensmaat , moet ongetroud wees en geen
kinders.Mans moet van 35 tot 45 jr. Geen drinkers en rokers! maar braaivleis
of uiteet sal ek my drankie geniet! Gehoorstremde mans is welkom! Net
Christene blanke mans !Verkieslik naby geleë dorpe om te kom kuier! . meetamatch@telkomsa.net |
|
444;Kiepie; ek is
48 selfonderhoudende dame wersaam in Jhb by Jhb varsity. Groen oë bruinhare
en vol energie om die natuur en buitelewe te geniet. Lees graag , kuns is n
hobby, om my land plat te reis is een van my tydverdrywe. |
|
441 Susan; Ek is op soek
na ‘n mans vriend. Hy het nie nodig om vir my te sorg nie, dit doen ek self. |
|
440 Landi, 60jr, geskei, 1,68m, 79kg, naskool-
onderwys, afgetree, Randburg/Roodepoort, reis, teater,, fliek, sosiaal,,
tuin, ekstrovert, goeie sin vir humor, onafhanklik, stap, natuur, see. meetamatch@telkomsa.net |
|
434: GESTRANDE VLINDER: Red my
asseblief, voor ek in 'n papie verander! Selfstandig, geskei, geen
afhanklikes. Nie oorgewig, 5'4", 60plus jr. n/r, ligte wyntjie saam met
braaivleis of uiteet. Bly in die mooie Jakarandastad. Kyk min tv.
baie op internet. Hou van reis, plaaslik en oorsee. Lees graag,
nuusblaaie, ens. Nie 'love-stories', dit wil ek liewers self beleef... Die
res kan jy self uitvind. meetamatch@telkomsa.net |
|
435: 68jr Wed 14jr selfonderhoudend, Methodiste
kerk,tweetalig,n/r, geniet drankie per geleentheid, geen afhanklikes,
ligbruin hare, blou oe, 4vt11dm, 62kg. Het 3 getroude kinders en 7
kleinkinders. Is vrolik,opgeruimde mens,goeie sin vir humor Is baie eerlik en
opreg, 'n mens-mens Baie skoon en netjies Doen baie liefdadigheidswerk vir
weeskindertjies |
|
436: 59j Gesk selfonderhoudend,bruin oe,
rooi-bruin hare, NG kerk/Methodist,tweetalig, n/r, 3 katte, hond en
Ringnek-papegaai,5'5" 86kg, 2 getroude kinders, Hou van mooi en goeie
dinge in die lewe, soms dans, geniet buite-lewe, stap, Bloubul rugby,
krieket, reis graag |
|
437: Ek is 62jr jonk en 'n blanke dame wat graag
blanke mans wil ontmoet. Trek redelik modern aan en my hare is ook
in 'n moderne haarstyl en soos die Engelsman sal se; "Well groomed en 'n
go-getter" en weeg 55kg en is 1,5m. Ek gooi my gewig in waar
nodig. Werk nog voltyds as persoonlike sekretaresse en reel al ons
maatskappy se konferensies, vergaderings en werkswinkels. Ek woon 1x pj
ons jaarlikse konferensie vir 3 dae by en sal dit waardeer as my
metgesel my vergesel en my ondersteun na sosiale funksies en aktiwiteite, so
ook ek vir hom. Ek is baie lief vir diere, enige diere, vernaam katte
en besit ook 1 kat. Ek is 'n weduwee vir 10jr lank. Tans lid van 'n NG
kerk, maar gee gladnie om dat 'n persoon die sg. 'charismatiese'kerke bywoon
nie, net solank die persoon christelike norme het. Die persoon moet eerllik,
opreg en 'n goeie humorsin en morele waardes he en ook aktief betrokke wees
met mense rondom hom. Geen rokers, maar sosiale drinker is aanvaarbaar.
Ek is ook lid van selgroep eenkeer per week. Ek is woonagtig in
Johannesburg. Ek geniet klassieke musiek, ondersteun ons Afrikaanse
sangers, gospel musiek, goeie Tv programme, lees opbouende leesstof en sal
met my maat sport kyk. Ek is 'n vroee slaper. Ek hou van lekker
saamkuier op verjaarsdae, braai en kuier met vriende, Sondagmiddagtee
ens. Plekke te besoek en oornag in hotelle of gastehuise en neem deel
aan gemeenskaps- en kerklike aktiwiteite en kursusse. Sal verkies die
persoon moet finansieel stabile wees maar hoef nie 'ryk' te wees nie en sy
eie eiendom besit en trots wees op die voertuig wat hy besit. Ek sal my gewig
ingooi saam met hom by sy aktiwiteite en sy loopbaan. My 2 dogters 35 &
37jr is onafhanklik en ek woon op my eie en besit my eie eiendom met 'n
netjiese tuin. Daar is net 1 kleinseun van 13jr. Belangstellendes is
welkom om kontak te maak. meetamatch@telkomsa.net |
|
438:POENA ll: Weduwee,Gauteng, vaste betrekking,
1.75m, 65kg. Hou van fliek, teater, stap en lekker saam kuier.
Soek mans-geselskap 55-65jr. meetamatch@telkomsa.net |
|
439:
POPPIE 59jr,5vt 6,77kg,rooibruin hare,bruin oe. Soek mans en dames ommee
kontak te maak in en om Pretoria. Mans mag drankie neem maar nie baie drink
nie en verkieslik nie rook nie. Hy moet 'n vrou nog kan waardeer en
liefhe. Ook moet hy saam met my kerk toe gaan. Ek kan baie liefde gee
maar verwag ook baie. Ek rook gladnie maar geniet 'n drankie. meetamatch@telkomsa.net |
|
433 S.F. Ek is 61jr jonk. Sorg vir
myself. Is baie jonk van gees. Hou van dans, fliek, goeie musiek. Diere, Oos
Tvl. Onthaal. Stap in die reên en lees. Ek werk vol dag en sorg vir myself.
Ek bly in Alberton meetamatch@telkomsa.net |
|
333:SMEULEND: Dame wat nie aandring op moet so of
sus nie. Die susse wat baie 'moets' vir die manne het, hulle is
natuurlik volmaakte vrouens - ek nie. |
|
432 MINERWA: Krugersdorp is 60jr 'jonk', 1.62m
lank met rooibruin hare en bruin oe. Is netjies, goed versorg en wel
opgevoed. Het 'n goeie humorsin, is vriendelik, oop, opreg en eerlik.
Het geen afhanklikes. Is akademies ingestel. Stel belang in
Filosofie, Sielkunde, Bybelkunde, ens. Lees baie! Is lid v.d.NG-kerk
(voorheen Gereformeerd) Rook nie. Drink soms by 'n ete 'n glasie wyn. Hou nie
van kampeer nie. Ook nie van opperste Rassiste of enige vorm van geweld
of hoogmoed nie. Het 'n wye musieksmaak. Stap graag, waardeer
kuns en die natuur. Geniet 'n goeie fliek en teater. Soek
man 58-65jr (geen getroudes) met 'n gesonde humorsin wat finansieel
onafhanklik is asook netjies,hoflik, opreg en eerlik. Verkieslik 'n
nie-roker wat baie selde iets drink. meetamatch@telkomsa.net |
|
429: STEENBOKKIE Ek is 47jaar en weeg 72kg
lente 1.64 het 2 kinders seun 23jaar en my dogter 17jaar altwee bly nog by my
in die huis altwee is tans werksaam. |
|
393 WEER EKKE 53jr, geskei,n/r. Geen afhanklikes,
baie netjies. Bly in Pretoria. Reis graag. Kort bruin hare. Stil en rustig. Soek
vrienskap. meetamatch@telkomsa.net |
|
414 POENA weduwee,50plus. Hou van fliek,
teater en vakansie-hou. Bly in Kemptonpark. meetamatch@telkomsa.net |
|
363 JAPONICA is skraal, 60jr, lief vir lees,
rugby(!), buiteluglewe. meetamatch@telkomsa.net |
|
353 NICOLINE: 38jr, 52kg en kort. Ligte
bruin hare in 'n bob styl met bruin oe. Geskei en het 1 dogter
(15jr). Ek is 'n baie netjiese vrou op myself en by die huis. Bly in Pretoria
en werk in Centurion. Oorspronklik van Zimbabwe maar is 'n Suid
Afrikaanse burger. Ek is gedoop met die Heilige Gees en loop 'n
ernstige pad met die Here. meetamatch@telkomsa.net |
|
343;Marie 67 jaar oud is onafhanklik geniet
die lewe maar is heeltemal bereid om my eie geselskap te geniet. Hou van
gesels, lees, my stokperdjies wat hoofsaaklik handewerk is en tuinwerk.
Sommer net so ‘n alledaagse mens. |
|
323 ANRE: Ek is 'n netjiese persoon wat lief
is vir die natuur, maklik oor die weg kom met my medemens, doen sport
en dans baie graag. Is al 11 jaar geskei, het 3 kinders; dogter van 31j, seun
van 26j en dogter van 22j. Is 1.62m en weeg 68kg, het blond/bruin hare en
groen oë. Is ontvangsdame by Prokureurs. Bly in Pretoria Ek het baie liefde
om te gee vir die regte persoon. Ek is opsoek na 'n lewensmaat wat
betroubaar, opreg, eerlik en netjies is en wat 'n goeie vrou kan
waardeer! Hy moet aantreklik en standvastig wees. meetamatch@telkomsa.net |
|
313CM 46jr, geskei, bly in Pretoria en werk vir myself, voorheen
sekretaresse. Het 3 groot kinders. |
|
JN: Ek soek manvriende tussen 49 en 60 jaar. Opreg en eerlik.
Enkel asb. Geen gekskeerders nie, drinkers en rokers nog minder.
Groot humorsin en baie standvastig. Langer as 1.67 cm (blank). Ek woon
in Kaapstad. meetamatch@telkomsa.net |
|
NESTLE;Weduwee, 57jr, 5'7",67kg. Bly
aan die Rand. Belangstellings; Teater, fliek, uiteet,vakansie hou.Kuier met
familie en vriende. Hou van goeie geselskap. meetamatch@telkomsa.net |
|
ITA; Ek hou van goeie musiek, die
buitelewe, naaldwerk, kook, bak, fliek en gesels graag. Hou van toere.
Behoort aan die NGKerk. Bly alleen. Geskei, 68jr meetamatch@telkomsa.net |
|
ANNE; is 46jr, 1.74m, gewig medium. Lief
vir dans, stap, kuier en rustigheid meetamatch@telkomsa.net |
|
SOEK VRIENDE &VRIENDINNE; Afgetree,
bly in Moot 65jr, 1.57m. Geen afhanklikes, 3 getroude dogters en 7
kleinkinders. Stel belang in tuinmaak, lees, naaldwerk, kunsnaaldwerk,
blokkiesraaisels, braai en sommer net kuier. Lief vir honde. meetamatch@telkomsa.net |
|
JESSIE, 40 jarige, geskeide dame van
Pretoria. Wil graag mansvriende ontmoet tussen 40 - 50 jaar met die oog op
vriendskap. Ek is 1,65m, 60kg, groen oë, blond/bruin hare. Lief vir kamp,
natuurliefhebber, motorfiets ry, musiek , diere en als wat mooi en positief
is meetamatch@telkomsa.net |
|
WOELWATER van die Vaaldriehoek is 47 jaar oud, nie skraal nie en 1.54m
lank. Het 'n uitnemende persoonlikheid, is lewenslustig en lief vir mense, is
selfversorgend met geen afhanklikes. Hou van tuinmaak, natuur, avontuur
en reis. Baie lief vir diere. Wil graag gesels met intelligente mans
tussen 46 en 55 wat waardes het, selfversorgend is en al iets in die lewe
bymekaar gemaak het. Moet nog lus wees vir die lewe, nie
depressief en vol "hang-ups" nie! Hy kan maar rook en
so af en toe 'n drankie neem. Asseblief nie iemand wat heeldag voor die TV
sit nie! meetamatch@telkomsa.net |
|
ALLEGRO; Fisioterapeut, 44jr, 1.7m,60kg, blou-groen oe, hare bruin-goud.
Belangstellings; fotografie, musiek, lees, mode-ontwerp, 'scrap-booking', lid
van die Ned.Herv. Kerk. |
|
MAGDALENA BLY IN ANTWERPEN, BELGIE Reis graag, oor die hele aarde heen, was
al in Suid Afrika en wil dit graag weer besoek. Dames en mans is welkom om
meer van Suid Afrika te vertel. Besoek graag plekke, uit die
Afrikaanse kuns en kultuur geskiedenis. meetamatch@telkomsa.net |
|
BECKIE; Ek woon in Gauteng, stel belang in
eerlike opregte vriendskap. Hou van buitelug, dans, sing en alles wat
mooi is. Ook hou ek van intelligente geselskap. meetamatch@telkomsa.net |
|
MAGDALENA BLY IN ANTWERPEN, BELGIE Reis graag, oor die hele aarde heen, was
al in Suid Afrika en wil dit graag weer besoek. Dames en mans is welkom om meer
van Suid Afrika te vertel. Besoek graag plekke, uit die Afrikaanse
kuns en kultuur geskiedenis. meetamatch@telkomsa.net |
|
WEDERGEBORE CHRISTEN Dame Korrespondente
gesoek wat werklik 'n verhouding het met ons Lewende God- Here Jesus
Christus meetamatch@telkomsa.net |
|
SHALAMAR; 44 en reeds 'n paar jaar alleen,
het ek nie 'n man nodig nie maar wel 'n vriend. Een wat die lag tye,
die huiltye en die opwindende tye saam kan deel. 'n Man wat weet dat
die lewe kosbaar is en elke oomblik is daar om geneem te word.
Partykeer kyk jy dit mis maar om die draai, is daar weer 'n geleentheid en
dan ook net soveel. Deel die lewe - geniet die lewe. Soms werk ek
te hard maar as daar iemand was.. meetamatch@telkomsa.net |
|
ANGEL; 'n 34 jarige donkerkop vrou is op
soek na 'n man wat 'n vrou kan laat tuis voel. Iemand wat saam met my alles
kan deel. Die persoon moet van kinders hou want diè is my ander
helfde. Hy is nou 14! |
|
Golfie van Mpumalanga is 'n 56-jarige Christen met donker
bruin hare en groen oë. Sy is 1.65 m lank en hou van die buitelewe,
reis, musiek en positiewe geselskap. Sy is onafhanklik, eerlik en
opreg. Haar ideale maat is standvastige en opregte mans wat nie rook of
drink nie, is welkom om te skryf meetamatch@telkomsa.net |
|
Mira van Pta: 50jr geskeide vrou, geen
afhanklikes, kort donker hare en bruin oe, middelmadige lengte en bou,
nie-roker, drink social. Romanties, sin vir humor, verskeidenheid
belangstellings, hou van kinders. |
|
SEXY SALLY soek 'n maat wat saam met haar die lekker dinge vd. lewe kan
geniet. Ek hou van reis (plaaslik en oosee) braaivleis, rugby, ens. Ek
is slank, goedversorg, selfstandig, sonder afhanklikes. Rook nie geniet 'n
drankie op sy tyd. Kommaan, manne 50-75 (geen getroudes en lamsakke asb) wat
nog die lewe wil geniet kan van hulle laat hoor meetamatch@telkomsa.net |
|
Caty sê: GESKEIDE DAME VERLANG MANS
VRIENDE . SOBER GEWOONTES OUDERDOM TUSSEN 55 EN 70JAAR . WESRAND.
meetamatch@telkomsa.net |
|
199:HENK VAN
NEDERLAND: Ek het al een aantal kere in Z-A gekom vir die werk en
is baie lief vir julle land.
So ek probeer die mooie taal van julle beter te leer en ook te
onderhou en is op soek naar penvriende.
Ek is een alleenloper en is lief vir reis, natuur, buitelewe, sport,
stap en het een goeie sin vir humor.
Ek is 59 jare (jong) en respekteer die waardes van die lewe. Op jou site het ek met belangstellings
gekyk naar vrouwe die met een oop blik in die wereld kyk. Myn vra is nou, een aantal vrouwe met
wie ek wil korrespondeer. |
|
198;PF Ras: Blank Ouderdom 58 Huwelikstatus
: Geskei Omgewing: Weskaap (kusdorpie) |
|
197 FRANCOIS; Centurion, 50+jr, 65kg,
n/r,NG.kerk. Hou van dans, stap, buitelewe. |
|
196 JOHN 26jr Enkel, Entrepreneur, bly in die
Vrystaat. stel belang in Afrikaanse musiek, mense en besigheid+ meetamatch@telkomsa.net |
|
195; LONELY RIDER; Wew.
83kg,1.76m,Swarthare.Hazel oe. Bly op plasie in Limpopo. Afgetrede sakeman.
Christen. Getroude dogters x 2. Ek hou van ligte klassieke musiek, country,
blues en moderne sangers. Ek lees romans, speurverhale, en alles wat voorkom.
Maak graag tuin en werk om die huis. Lief vir wilde diere en
rondry. Hou van fliek, teater, konserte en uiteet. Bosveld is bo
dan die see.Ek is eerlik, opreg, baie romanties (met die regte persoon.
Goeie sin vir humor. Ek is baie aktief,skoon en hou van netheid (miskien 'n
perfeksionis) Dames waarin ek belangstel; 45+ meetamatch@telkomsa.net |
|
194; MONYMAKER One lady's
man,50yrs, Div.(ex left the country with new husband) 2 adult sons,
self-supportive, non-smoker, Loves home-life, to work in the garden, etc.
Would like to meet similar lady English or Afrikaans, 40-51yrs, not
overweight, n/s, independant, trustworthy, no encumbrances please. Gauteng
area meetamatch@telkomsa.net |
|
193; SOFT SPOKEN
BACHELOR; 40yrs, Technician,no children, lives on plot outside Pretoria,
loves quiet and peacefull life - far from the maddening crowd..... Hobbies;
technical things, miniature steam-engines,antique fire-arms. Like to
meet 25-30yrs slim girl with no kids and stable job. meetamatch@telkomsa.net |
|
191 SHARKY Ek is 45, 1.89m. Ek is 'n
suksesvolle sake man met my eie besigheid. Goeie sin vir humour, goeie
liggaamsbou. Hou van die mooi dinge in die lewe. Hou van die buite
lewe. Ek is opsoek na pragtige dame wat atleties gebou is, sy moet hou
van 'n man wat weet hoe om 'n vrou te bederf. Moet hou van dans (ek glo 'n
vrou wat lekker kan dans kan lekker soen). Geen kansvatter meetamatch@telkomsa.net |
|
181BEDERWER: 60jr, 1.72m, 85kg. Geskei,
nie-roker. Stel belang in buitelewe, uitgaan en sommer om 'n vrou te
bederf. Dames van ongeveer 48-55jr. meetamatch@telkomsa.net |
|
151STEFAANS van Centurion. Stel belang in 'n vrou in die ouderdomsgroep 49-56jr.
Ek stel belang in filosofie en lees graag teologiese artikels op die
internet. My ander belangstelling is digitale fotografie en video werk. Ek is
vanuit 'n akademiese agtergrond. |
|
141MH; 44 ongetroud, geen kinders. Lang man. Belangstellings is alles
wat lekker is, soos uit-eet, natuur, swem, bergklim, ens. Vaste werk. Bly in
Pretoria. meetamatch@telkomsa.net
|
|
WEWENAAR: Ek is 'n wewenaar van 67 jaar, 1.72
m lank, weeg 74 kilos, goed gebou en woon in Centurion. Ek is onafhanklik
(nog nie oupa nie) en werk nog deeltyds. |
|
DON 62jr, 1,87m, Lief vir dans, kuier,rondry, blokkiesraaisels en rus.
meetamatch@telkomsa.net |
|
Aviator AOG (Aircraft On Ground) van Centurion is `n 66 jarige geskeide
man. Ons het drie dogters wat almal getroud is en die wereld vol woon. Ek
sien my vyf kleinkinder feitlik nooit. Ek het aan UP ingenieurswese gestudeer
en daarna na-graads aan Unisa gekwalifiseer. Ek is 1.83m lank en groot gebou.
Oorspronklik was my hare rooierig maar dit het nou natuurlik verkleur na `n
soort blond, vandaar my baie wit gelaat. Ek het `n baie wye belangstelling
vir alles om my en in die wye wereld. Ek geniet ook al die tradisionele dinge
wat mans in RSA maar geniet. |
|
Jangert Ouderdom: 53 Beskrywing: 95 kg 175 lank blou oe grys/bruin |
26 JUNIE
ALLEENLOPER SAMEKOMS in Centurion
Verdryf
die winterkoue! Ontmoet nuwe vriende en vriendinne, van oral. Dames vanaf
34jr Manne vanaf 36jr.
Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Middagete ingesluit.
076 105
7747 nie pcm/sms asb
012 667 5317