ELKE UUR VAN DIE HORLOSIE HET 'N BOODSKAP...


EENUUR:
 
Sê vir my ek leef net een maal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd hier op aarde reg gebuik.

TWEE-UUR
 
Sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.
 
DRIE-UUR
 
Herhinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet dien.
 
VIERUUR
 
Herrinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook al mag gaan ek die Hemel se kompas                                              
(Die Bybel) nodig het om vir my rigting aan te
dui.

VYFUUR
 
Dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet werk om my brood eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die HERE.
 

SESUUR
 
Sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van die week werk.
 
SEWE-UUR
 
Sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus en kerk toe moet gaan.

schiff18,0kbAGTUUR
 
Laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sondvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus skuiling soek.

NEGE-UUR
 
Herhinner my aan die nege melaatses wat nie teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle gesond geword het nie en maan my om dankbaar
te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang

TIENUUR
 
Herrinner my aan tien jong meisies waarvan vyf nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie so dwaas soos hulle te wees nie

ELFUUR
 
Herrinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my om altyd gereed tewees om die Here te ontmoet

TWAALFUUR
 
Sê vir my die genadetyd is haas verby. Om middernag kom die Bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agterbly as Hy Sy kinders kom haal nie.

 

ELKE TIK VAN DIE HORLOSIE,
ELKE KLOP VAN DIE HART
BIED 'N GELEENTHEID,
GEBRUIK DIT TOT EER VAN DIE HERE.