"Blom
daar waar jy geplant is," hoor ek onlangs.
Die persoon wat dit sê vertel
die volgende storie: "Op 'n dag was daar 'n klipkapper wat elke dag groot rotse
in kleiner klippe opgekap het. Terwyl hy so hard in die son gewerk het, het die
koning in 'n oop koets verbygery en gekyk hoe al die klipkappers werk. Die
klipkapper het heimlik gewens dat hy die koning was, want hy was dan so
magtig!
Tot 'n feë eendag haar verskyning maak en sy wens waar word. Die
klipkapper was koning! Nou het hy in die oop koets gesit en gekyk hoe almal
werk.
Maar gou het hy verveeld geraak en besef dat die son sy kaal kop
seer brand!
Hy het gedink "die son is magtiger as ek. Ek wil eerder die
son wees."
Weer het sy wens waar geword, Magtig en sterk het hy alles op
die aarde warm gebak en sy strale oor mens en dier laat skyn. Maar toe skuif
daar 'n groot reënwolk voor him in, wat verhoed dat sy strale op die aarde skyn.
"Ag, het hy gedink, die reënwolk is magtiger as ek! Ek wil eerder 'n reënwolk
wees..."
Weer het sy wens waar geword, Die reënwolk het sy druppels op
die aarde laat val en gras en blomme laat groei en rivier laat vol word. Maar
die groot rots langs die rivier het onveranderd daar bly staan. "Ai, het die
reënwolk gedink, die rots is magtiger as ek, want my water
Ek wens ek was 'n rots." Weer het sy wens waar geword, Die
reënwolk was 'n rots. Maar kort voor lank het die klipkappers gekom en die rots
begin opkap ...
En in skaamte het die rots onthou dat hy lank gelede 'n
(ontevrede) klipkapper was!
Dit lyk dikwels vir ons of ander mense se
omstandighede makliker of lekkerder as ons eie is. Dit laat ons ontevrede voel.
Maar God het jou met 'n spesifieke doel geplant waar jy nou is. En dis jou eie
keuse om te blom of te kwyn.
Kom ons maak seker dat ons in 2007 BLOM waar
ons geplant is!
Mag 2007 jou beste jaar ooit wees!
Groete van een
klipkapper tot 'n ander!
*******************************************************************************************************
.